Tradegy Strikes The Ultimates.

 

It is with great sadness that we inform the Sprint Car racing fraternity in South Africa, and indeed worldwide that Sarel Brandt, aged 43, from Vereeniging, was tragically killed in a car accident on the way back from the Sprint Car race meeting in Richardsbay this past weekend.

The 1st of November will always be remembered within the Ultimates family as a day of great tragedy for we lost a very good friend, family member and race driver. Our hearts and prayers go out to his wife Theresa and their two boys Deihandre (8) and Leander (4), as well as the Brandt and Newman families.

According to reports Sarel Brandt tried to avoid a collision, when a reckless driver was overtaking another vehicle about 60 kilometres before Vryheid on Sunday 1 November 2009. In his attempt to overt a head on collision Sarel Brandt lost control of his own vehicle, Sarel went over the barrier and struck a tree resulting in the fatal accident that cost him his life.

The members of the club are devastated by this tragic loss and wish to convey their condolences to Sarel Brandt’s family.  Spokes lady, Liza van Zyl said “We will always remember Sarel for the great person he was always ready with a joke or two and always helpful. Sarel always looked out for someone else, this time a stranger and it cost him his life. It is ironic that he was safer in his race car than on our public roads. We will miss you dearly my friend! Your "Ultimates" family members”

 

Dankbetuiging

Namens die families Brandt, Newman & Ouma Malie ons opregte dank aan jou dat jy jou dag opgeoffer het om saam met ons van SAREL afskeid te kon neem!  Daar gaan nog baie dae kom wat ons treurig en eensaam gaan voel, maar hoe groot die voorreg om te weet God is altyd reg om ons stukkende harte te heel, gereed om ons te dra as ons voel ons kan nie meer nie.  Weereens baie dankie vir jou deelname, die familie waardeer dit opreg!

Dankbetuiging

Ons opregte dank aan jou dat jy jou dag opgeoffer het om saam met ons van SAREL afskeid te kon neem! Daar gaan nog baie dae kom wat ons treurig en eensaam gaan voel, maar hoe groot die voorreg om te weet God is ALTYD gereed om ons stukkende harte te heel, gereed om ons te dra as ons voel ons kan nie meer nie. Weereens baie dankie vir jou deelname, die families Brandt, Newman & Ouma Malie waardeer jou belanstelling opreg!

Erediens vir Sarel

Graag wil Sandra Brandt en die Brandt en Newman familie almal opreg bedank vir jul gebede, pragtige ruikers, sms's, e-mails  en boodskappe van meelye met ons groot verlies van Sarel. Sou jul jul laaste eer aan hom wil betoon sy teaardbestelling sal plaasvind op Maandag die 9de November 2009 om 11H00 vanuit die AGS Emmanuel Gemeente, Poole straat, Duncanville, Vereeniging.

Ou Sarel ons gaan jou mis!

Sarel, al het ons jou nog net 'n kort tydjie geken was dit beslis lank genoeg gewees om te besef watse spesiale mens jy was.
Die tipe mens waarmee almal click en oor die weg kom & 'n plesier om mee vriende te gewees het. Dad(Kobus Brandt), Ma (Annetjie Brandt) & Boeta (Pieter Brandt) ons bid vir julle en is daar vir julle. Therese, ons innige meegevoel aan jou en die 2 klein kindertjies wat agter gebly het.
Mag die Here julle styf vashou tydens die moeilike tyd & julle veilig hierdeur dra.

Liefde,
Jakkie Lelanie & Kinders

BOETA

ons harte is gebreek my vriend,die voetspore wat jy in ons lewens getrap het is blywend.ek gaan jou altyd mis ,vaarwel.

Robbie Kooij

Ouboet

Ek mis jou ongelooflik !! Ek is baie seer en leeg. They say "Time heals a broken heart" It's gonna take a very long time!!!!  Ai man.

 

Oom Sala

Ons mis jou al klaar baie man, ons harte is onglooflik seer...................... maar wel is jy by ons, diep in ons harte, die grappies, altyd vriendelik, altyd hulpvaardig, ai man, ons mis jou man! Jy was en sal altyd 'n GREAT boetie vir ons bly. We love u lots!

 

Sarel

Please convey our condolences to the family and friends From the sprint car drivers in Welkom

Ultimates,Famile en Vriende

In hierdie tyd van hartseer is dit wonderlik om te weet dat my man sulke wonderlike vriende gehad het. Die onderskraging, medelye en simpatie wat ons as gesin van al die Ultimates, vriende en familie kry is wonderbaarlik. Dit laat my weereens besef dat Sarel voluit gelewe het, en groot impak gemaak het op baie mense se lewens. Hy was altyd reg vir daai grappie of bietjie gekskeer. 'n Wonderlike pa en man! My man jou plekkie is leeg!

 

Baie dankie aan almal

Liefde Theresa,Diehan en Leander

Sarel

We remember Sarel as the guy on the quad driving around in the pits in Polokwane with the kids on the bike. Our thoughts are with you. Sarel will be missed!!!

 

Piet Venter

Sarel

Dankie vir goeie tye op en af die baan. Ons hoop die skuldige is gevang